Vandag voel ek okay :)

Jy weet neh. Dis moeilik om elke dag okay te wees.

Dit voel alhoe meer soos moeite om op te staan, jouself reg te ruk en jou dinge te doen vir die dag ongeag wat gebeur het die vorige dag of week. Every day just seems too much my bru – because shit happens.

Jy het dalk slegte nuus ontvang wat jou heeltemal om gegooi het of jy was nog net die hele week depressed en jy sien kans vir niks. Jou ouers kon dalk op jou geskree oor iets heeltemal simpel of jou vriende skeep jou af. Jy kon dalk vas gesit het met jou kêrel, of meisie en niks werk uit soos jy wil hê dit moet uit werk nie.

Dude; that’s life. Full of donnerse suprises. It can be good, or it can be bad. In hierdie geval is dit sekerlik sleg, want ons is nie okay met wat die lewe vir ons gooi nie.

GOLDEN RULE: Dis okay om nie okay te wees nie. Maar jinne. Moenie dat ek jou NOGSTEEDS op die vloer vang twee weke later nie. Dis genoeg. Dan moet jy okay wees.

Just a quick question; wanneer laas het jy opgestaan en jy was actually LUS vir die dag?

So gedink. Kak lank laas.

And now you are blaming it on your work, the hours, your home, the people, your loved ones… waar eintlik net jy blameer kan word.

CREATE YOUR OWN SUNSHINE, dammit.

Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk en jou eie denke. If you CHOOSE happiness, sal jy heeltyd strive na dit toe. Dis letterlik so maklik soos dit.

Dude ek weet jy kan dalk opstaan, jy is moeg, dis flippen load shedding, niemand het water in die ketel gegooi nie en jou foon is nie klaar gecharge nie – in plaas daar van om kwaad te raak daaroor (WAT ANYWAY NIKS GAAN VERANDER NIE), vat jy ‘n breather, haal net fokken asem, en beweeg aan met jou dag.

Hoekom ek sê ek voel vandag okay; is omdat ek kon opstaan vanoggend. Ek kon vir my ‘n koppie tee maak en ek kon so bietjie in die son gaan sit het. Die voëltjies het my vermaak en die honde het rustig langs my gelê. Die tranquillity van die oggend het heeltemal my perspektief verander in vergelyking met ander oggende. You know why?

Want ongeag dat ek moeg is, daar was loadshedding, geen water in die ketel en my foon is op 26% – het ek gekies om alle negatiewe thoughts te vermy.

Dis MY dag. Niemand anders s’n nie. Al wie hom mag op fok is ek. En ek gaan nie, want dis klein simpel goedjies.

Punt is; jou geluk is in jou hande. Om okay te voel, is in JOU hande.

So gryp dit aan die keel, and conquer your day.

Dankie, dit was my tee.

Mischa oor & uit 🙂

One Response

  1. Wow Micha !🧡 hier is uit en uit ‘n insperasie om te begin opstaan en alles in die oë te kyk !🥰 so much love !

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *