kom Ek maak dit maklik

My naam is Mischa.

Ek is 21 en ek het wayyyyyy te vinnig groot geword.

Nee ek is nie te groot vir my skoene nie, don’t get it wrong – ek moes net vinniger groot word om te deal met erger stages van trauma.

Ek is deur hell & high water.

Ek het niemand gehad wat my gehelp het met my daily struggles toe ek op skool was nie.

Ek was te ongemaklik om dit te deel met ‘n grootmens.

Ek was ook bang

En het GEEN IDEE gehad hoe om heartbreaks, vriendskappe en die pressure te hanteer nie.

Niemand, ouer as ek, sou my anyway verstaan het nie, so ek moes alleen deur alles gaan; dood eenvoudig omdat ek nie in dieselfde era as hulle groot geword het nie.

Dinge verander, mense verander, en ek is hier om te help.

Ek het Life Coaching studeer en ek werk al met tieners vir die afgelope 2 jaar. I have been trained for every situation.

Dit is my passie en ek sal met liefde help waar ookal ek kan. Want ek wens ek het ‘n “ek” gehad toe ek op hoërskool was.