Kom ons praat oor boelies :)

Boelies maak my naar.

Ek kan nie verstaan hoe een persoon ‘n ander een so kan afkraak nie. Do they just wake up and decide “today I choose violence en ek gaan almal se dag op tjor want ek voel dis my duty”?

Tjor is my nuwe vloekwoord as ouers teenwoordig is, by the way.

Kyk, ek het al baie te doene gehad met donnerse boelies.

Joh – was ek al down in the dumps.

Dis mos lekker om iemand te spot oor iets waaroor hulle geen beheer het nie.

Dis waar insecurities en selfbewusheid vandaan kom. Fokken boelies.

Ek het al teveel gehoor;

  • “dis ook net ‘n mens”
  • “moenie jouself daaraan steur nie”
  • “hulle is net jaloers”
  • “moet net nie vir hulle luister nie”

Askies tannie Susan maar ek sukkel om dinge te ignore as dit vieslik aan my siel raak. Kyk dis ‘n moerse skill om boelies te ignoreer, maar hier is so paar tips om ontslae te raak van boelies.

Tip #1:

Vra net dood eenvouding met AL jou simpatie: “Het jy hulp nodig? Ek is hier as jy wil praat oor enige iets wat jou dalk mag pla, want ek weet jy kan beter wees as dit”.

As jy emosioneel sterk genoeg om actually te praat met ‘n boelie oor sy/haar probleme – help die flippen kind, netnou is dit regtig al wat hy nodig het.

Tip #2:

Letterlik – ignore hulle net. Moenie aandag gee nie. Moenie wys dat dit jou pla nie, want dit is presies wat hulle wil hê. Block hulle as jy dit nie kan handle nie, breek alle kontak. Jy wil nie vir ‘n boelie enige satisfaksie gee nie, neh?

Tip #3:

Ons weet rumours is ‘n regte ding. Mense maak stories op en dit kan versprei soos ‘n veldbrand. As ek EEN DING vir jou kan sê – you owe NO ONE an explanation. Jy ken jou eie waarde en as jy eers jouself begin verduidelik of jouself begin “defend”, dan dink mense die “stories” is waar. Glo my. Just leave it, want die waarheid kom ALTYD uit. Dit kan ek jou belowe.

Ek is nou klaar met my tips.

Ouens en girls – bepaal jou by jouself. Fokus op jou eie geluk en jou eie storie. Moet asseblief nie jou tyd mors op mense wat jou nie sien vir wie jy regtig is nie. If they don’t accept you – you don’t accept them. Hulle verdien jou nie. So don’t hang with people that don’t get you, okay?

Die mense om jou maak saak. Hulle journey saam met jou en ken jou in’s & out’s. So choose your people wisely.

Dankie, dit was my tee.

Mischa oor & uit 🙂

3 Responses

  1. Ek was absoluut verstom toe ek die lees, ek dink almal het al met n “boelie situasie” gesit in hulle lewe, en vir my was dit net makliker om hulle reg uit te vra wat hulle probleem is met my, hulle kan soms nie eers so n simpel vraag beantwoord nie. Jy is n groot inspirasie. Thank you.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *