Jou Paddas :)

Wag.

Ek weet jy verstaan nie lekker die titel nie.

Hoekom sal Mischa nou skryf oor paddas, wtf?

Just-

Ek is seker jy het al die gesegde gehoor: “Jy moet eers so paar paddas soen voor jy jou prins ontmoet.”

Ja tannie, maar ek wil nie eintlik paddas soen nie. Dis gross en die goed stink.

Maar luister, daai tannie is dalk reg. Kyk; dit het my so hele paar jaar gevat om agter te kom wat ek eintlik wil hê in iemand. Dit het my oë oopgemaak vir die manipulating, controlling, abusive, selfish paddas. Hoe meer paddas ek soen, hoe meer kom ek agter dat dit nie die regte padda is nie, en dan raak ek kieskeurig oor watter paddas om dan te soen.

Ek avoid nou obviously die GROEN paddas.

Hulle is jaloers. Hulle like dit om jou in ‘n hok te hou dat niemand anders jou kry, vir jou kyk, of met jou praat nie. Gewoonlik kom daai groenerig-heid van insecurities af. Hulle weet hulle gaan nie beter kan doen nie (want jy is hot AF), en dan wil hulle jou weg steek van die wêreld af. Nah ah. Sussie jy moet hardloop sodat jou groen padda eers bietjie mature saam ‘n ander groen padda.

Dan avoid ek die BLOU paddas.

Ag kyk; dit is regtig okay as jou blou padda ‘n slegte dag gehad het en jy moet emosionele support verskaf. Maar dit is NIE OKAY om daai emosionele kruk te wees 24/7 nie. Dit breek jou af en vreet jou siel. Jou siel kan vir baie beter dinge gebruik word. So weereens; hardloop totdat jou blou padda bietjie die positiwiteit van die lewe inneem, and then you may proceed.

Nou moet jy mooi luister – hierdie is die mees algemeenste padda, wat die meeste skade kan doen;

Die donnerse ROOI padda.

Die paddas met die anger issues. Die paddas wat hulle foon sal stukkend gooi teen ‘n lelie en op jou skree as ‘n minor inconvenience occur. Ek het al teveel rooi paddas gesoen. Sies. My padda het ook even besluit om sy poot vir my te lig. Dis moelik om weg te kom van so padda af, I know, maar daar is soveel ander paddas wat jou met alle respek wil hanteer en jou soos royalty laat voel. Don’t stay hung up on a rooi padda. Dis anyway ‘n kak kleur.

*as jy sukkel om weg te kom van jou rooi padda af, skiet ‘n dm op Instagram, ek help met alle graagte.

Ouens, Girls, en Other…

Die wat wel deur al die paddas is en uiteindelik hulle GEEL padda ontmoet het; hou vas. Hou vas aan daai geel vir so lank as wat jy kan. Ek weet soms gebeur lewe. Jy voel jy moet dinge uit jou lewe uit sny. Dit raak teveel. Daar is meer “ups” as “downs”. Die rowwe patches raak te rof…

Sorteer dit uit. Kommunikeer. Hê geduld & hê net mekaar lief. For goodness SAKE.

Julle is ‘n team. Julle het aan die begin van julle verhouding gesê julle gaan mos trou, so hou dit so. Kom SAAM deur die moelike tye, don’t fight against each other. Overcome julle obstacles en moenie op mekaar skree nie, dit doen skade.

Just love each other man. Die lewe is te kort om vas te hou aan mekaar se verledes, om ex paddas op te bring as hulle lankal nie meer op dieselfde lelie sit nie, en om alles met woede en unreasonable ways te hanteer. Sluk jou trots en maak jou huidige padda happy.

Vir die res; gaan vind jou GEEL padda en AVOID die bogenoemde paddas. Hulle is gross & ‘n mors van tyd in hierdie mooi samelewing.

Dankie, dit was my tee.

Mischa oor en uit. 🙂 

3 Responses

  1. Die is so super akkuraat ek is ongelooflik gelukkig om n geel padda te hê
    Jy’s awesome baie dankie vir die blogs hulle kry my deur lewe 🤣

  2. Die is absoluut waar ek het al een van daai veelkleurige paddas ook gehad en daai wat dink hulle is n padda maar is eintlik n gogga

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *