Die Lewe Kan Vir Jou Bliksem :)

Oh jinne ek was al op die grond vasgevang met daai statement.

Net so voor ek begin; asseblief moenie dink die lewe is ‘n lied nie.

Die lewe klink soos ‘n kraai wat se voet in ‘n deur vas gebliksem is.

Julle, net toe ek klaar is met hoërskool bullies, ‘n kakhuis vol huiswerk en studies, moes ek flippen belasting begin betaal en my eie kos maak terwyl ek stress oor ‘n korrupte regering wat nie toelaat dat ek my tuin mag nat maak nie.

Ek het gesukkel met angs, depressie, loneliness en ek was vasgevang in vieslike verhoudings waar ek nog erger trust issues en trauma ontwikkel het, dood eenvoudig omdat ek nie geluk in myself kon vind nie. Ek het dit gaan soek by abusive boyfriends, kak vriende en alkohol.

Dude kyk, daar is niks fout met ‘n dop hier & daar nie, maar om elke aand jouself in ‘n koma in te suip IS NOT IT.

Daar is beter dinge om jou geld op te spandeer, en glo my, dis lekker om actually goeie memories te onthou.

Hoor hierdie spoiler – Jy moet eers geluk binne jouself vind voordat jy geluk kan uitstraal en vir ander mense gee. Dit begin met body positivity en self-love. Ek weet dis moeilik om daai mindset te ontwikkel; maar listen –

Why hate the body that brings you through life? Why change your body (for the bad) when it was given to you for good things?

It’s not fair to hate on something that gives you everything you need, to live a lekker life.

Dit het my ‘n rukkie gevat om gemaklik te raak in my eie vel. But I did, and I’m proud of myself. Op die ou einde is dit al wat saak maak neh.

Just FYI – jou geld gaan nie saam jou graf toe nie, so please don’t EVER worry about materialistic things, EVER. Ek is super happy met my Mr. Price en PEP klere, dis goedkoop en mens kan enige ding rock met ‘n dash of confidence.

You are not defined by those things – geld, klere, jewelry, skoene – fokol. Just saying.

SO, you get it now, die lewe is nie ‘n lied nie, maar jy kan kies of jy wil lag vir daai kraai, of jy hom wil help, en of jy saam hom wil skree.

Dankie, dit was my tee.

Mischa oor en uit 🙂

5 Responses

  1. Sjoe daai was seker die beste lewensles wat ek al ooittt geleerrr het .
    Baie baie dankie vir die inspirasie jou oulike menss
    Jy word opreg waardeer .
    Jy het my nou so baie gehelp net deur dat ek dit moes leess.
    Love jouuu xx

  2. I SOOOOOOO NEEDED TO READTHIS TODAY!
    EK LOVE DIE REGUIT OP DIE MAN AF MANIER WAAROP JY SKRYF, EK IS MAL OOR JOU STUFF, JOU BLOG, JOU TIKTOK.
    ONS HET JOU SOOOO NODIG!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *